Blackjack

Piggs Peak Kasino

Die basiese reëls om Blackjack op die internet te speel:

Eerstens moet u uself familariseer met die kasino wat u gekies het om in te speel. Hierdie kasinos bied sekere speletjies aan, insluitend gratis blackjack, wat u die geleentheid gee om u hand te probeer en terselfdertyd nuwe vaardighede aan te leer. Daar is ook baie informasie op die internet waar u meer oor blackjack strategie kan uitvind.

As die handelaar (huis) in die internet kasino 'n blackjack het en die speler nie, dan verloor die speler. As die speler 'n blackjack het en die handelaar (huis) nie, dan wen die speler. As die speler en die handelaar (huis) albei 'n blackjack hand het, dan bekom dit 'n stoot, wat gevolglik beteken dat ook nie die speler of die handelaar (huis) wen nie. As daar nie `n blackjack vir die speler of die handelaar (huis) gedeel was nie, dan gaan die spel aan. Die speler kry die eerste beurt om te speel.

Die terminologie wat gebruik word in 'n internet kasino is die volgende: (Let asseblief op dat die terminologie altyd in Engels sal wees. Daar is geen Afrikaanse Sagteware vir internet kasinos nie.)

Bust - Die speler oorskry 21

Hit - Vat nog `n kaart

Stand - Neem niks meer kaarte nie

Split - As die twee kaarte wat gedeel was van die selfde waarde is, kan u hulle verdeel. Dit maak dus twee hande. As u kies om dit te doen, dan moet u u weddenskap verdubbel.

Doubling down - Die speler verdubbel die weddenskap en neem nog 'n automatiese Hit, daarna moet die speler Stand.

Die speler se kans is verby sodra hulle Stand, Double down of Bust. As die speler Bust, dan verloor die speler. Die speler verloor ook as die handelaar (huis) Bust nadat die speler Bust.

Wanneer die speler sy hand uitgespeel het, is dit die handelaars (huis) se beurt om sy hand te wys. Die handelaar (huis) moet Hit tot hulle totaal 16 of minder het, en moet Stand op 17 of hoër. As die handelaar (huis) Bust en die speler is nog in die spel, dan wen die speler.