Poker
Die basiese reëls om Poker op die internet te speel:
Let asseblief op dat die terminologie altyd in Engels sal wees alhoewel ons die speletjies in Afrikaans verduidelik, maar alle speletjies sal in Engels gespeel word en om die rede plaas ons die Engelse terminologie in hakkies. Daar is geen Afrikaanse sagteware vir internet kasinos nie.
Die objektief van poker is klaarblyklik om die pot geld te wen. Om dit te doen moet u die hoogste hand hê, of die ander spelers genoeg bluf dinkende dat jy die hoogste hand het, en hulle in die proses laat vou.
Vir beginners wat op die internet wil speel is dit 'n goeie idee om gratis poker eerste te speel sodat u 'n beter verstaning van die speletjie kan kry.
Die speletjie begin wanneer die handelaar die kaarte vanaf die linkerkant kloksgewys uitdeel. Sodra die kaarte uitgedeel is het die speler verskeie opsies:
- U kan die weddenskap nadoen ("check/match") - dit beteken dat u geen weddenskap maak nie maar nogsteeds in die spel bly.
- U kan die bedrag wat u geweddenskap verhoog ("raise")
- U kan vou ("fold") - dit beteken dat u opgee en u kaarte terug sit en dat u uit die spel is. U gee op die kans om die pot geld te wen as u vou ("fold").
